Die opskrifte is nie deel van die oorspronklike teks nie, maar is aangebring om die opsoek van die gebede makliker te maak. Kyk ook na die Register agterin.
Die eerste reëls van die gebede deur Baha'u'llah geopenbaar, word in hierdie Inhoud skuins gedruk, di*eacute; van die twee deur die Bab geopenbaar, met klein hooflettertjies. Die origes is deur 'Abdu'l-Baha geopenbaar.
| Sing-spreek, o My dienaar, die verse van God wat deur jou ontvang is, net soos gesing-spreek deur hulle wat nader aan Hom gekom het, sodat die soetheid van jou melodie jou siel aan die brand mag steek, en die harte van alle mense mag aantrek. Wie ook al in die privaatheid van sy kamer die verse sê wat deur God geopenbaar is, vir hom sal die verspreidende engele van die Almagtige die geur van die woorde deur sy mond uitgespreek heinde en verre strooi, en die hart van elke regskape man laat klop. Alhoewel hy eers van die uitwerking daarvan onbewus mag bly, tog moet die deugsaamheid van die genade wat aan hom vergun is vroeër of later sy invloed op sy siel uitoefen. Aldus is die verborgenhede van die Openbaring van God verorden kragtens die wil van Hom Wat die Bron van mag en wysheid is. |
V I R D I E H E E N G E G A N E S
L O F E N D A N K B A A R H E I D
G E E S T E L I K E E I E N S K A P P E
T O E T S E E N M O E I L I K H E D E
S T A N D V A S T I G H E I D I N D I E V E R B O N D
O N D E R R I G (Gebede uit die Tafels van die Goddelike Plan)