Bahá'i Gebede

WOORDELYS

AHMAD: die naam van 'n baie toegewyde geowige wat die teenwoordigheid van Baha'u'llah bereik het voordat Hy Sy Sending bekend gemaak het. Naderhand het Baha'u'llah hierdie Tafel van Adrianopel af aan hom gestuur, om terug na Iran saam te neem. Dáár het hy die volgelinge van die Bab vertel van Baha'u'llah. Baie het Baha'is geword.

BALDAKYN: troonhemel

DEUGSAAMHEID : goedheid, of goeie krag

LEVIATAN : monsteragtige waterdier; dit word hier figuurlik gebruik. Sien ook Psalms 74:14, 104:26.

LOTUSBOOM : 'n boom wat, in Griekse legendes, 'n vrug dra wat dromerigheid en 'n begeerte om nie terug huis toe te keer nie veroorsaak. Dit word hier figuurlik gebruik.

MILD : genadig, oorvloedig; byvoorbeeld, milde reën, sagte reën. Vandaar, MILDDADIG: genadig op milde wyse.

MUSKUS : sterk welriekende stof deur 'n muskusdier afgegee. Dit word hier figuurlik gebruik.

NESTEL : tuismaak in

NIS : uithollinh in 'n muur, vir 'n beeldjie. Dit word hier figuurlik gebruik.

ONTHOU : kan ook weerhou beteken.

SIED : kook

SUGGESTIE : die ingee of opdring van 'n mening aan iemand

TAFEL : die tien gebooie wat Moses ontvang het, is op kliptafels gegraveer. Dit word hier gebruik vir 'n brief wat met die geopenbaarde Woord van God geskryf is.

VERMOLM : verrot, vergaan

[ KOPIEREG INFORMASIE / COPYRIGHT INFORMATION ] [ VOORWOORD / FOREWORD ] [ Gewysigde Volgorde van Gebede / Changed Order of Prayers ] [I N H O U D S O P G A W E ] [ Hoofpagina ] [ Register ]